Sagaria 8:23

ʼn Gemeente waarheen mense stroom omdat hulle gehoor het (en sien) God is by ons!  

Bid saam dat hierdie plan sal realiseer!



Psalms 10 Ver.14

En die hele tyd het U dit gesien, die lyding en verdriet. U let daarop en maak daar 'n einde aan. Op U verlaat die ongelukkige hom, ook vir die weeskind is U 'n helper.



Deut. 12 Ver. 11

Daar is die plek wat die Here julle God sal kies om sy Naam daar te laat woon en daarheen moet julle al die offers bring soos ek julle beveel het: julle brandoffers en ander offers, julle tiendes en ander bydraes, en al die gelofteoffers wat julle aan die Here beloof het.


WAAR KOM PRESIDENTSOORD VANDAAN? Die NG Gemeente Presidentsoord is op 3 November 1966 van die NG Gemeente Springs-Noord af gestig. As bruidskat het Presidentsoord van Springs-Noord 'n ten volle afbetaalde pastorie in Robertsonstraat en 'n kontant bedrag van R4 000 ontvang. Die eerste leraar van die nuwe gemeente was Ds J.I. du Toit Naude en hy het diens aanvaar op 2 Januarie 1967.

Nadat daar aanvanklik van die fasiliteite van die moedergemeente (Springs-Noord) gebruik gemaak is, word daar met die toestemming van die Oos-Randse Skoolraad en die Skoolhoof, mnr S.L. Mostert vanaf 16 April 1967 van die skoolsaal en klaskamers van die Laerskool Jan van Riebeeck vir eredienste, vergaderings en kategeseklasse gebruik gemaak. Hierdie toestand sou, met 'n kort onderbreking tussen Maart en Oktober 1968, waartydens in die Hoër Meisieskool Hugenote vergader is weens reparasies aan Laerskool Jan van Riebeeck, voortduur tot 27 Mei 1972 toe die nuwe Kerkkompleks in gebruik geneem is.

'n Paar finansiële interessanthede van hierdie beginjare was die volgende: die maandelikse inkomste van die gemeente was ±R800; die leraar se salaris was R2 280 per jaar; die jaarlikse begroting was R18 650 en die motortoelaag van die leraar was R60 per maand. 


Lees Meer