top of page

Ds. Johann Barnard 

Ds. Johann se pad in die NG Kerk het al vroeg begin. Hy is in 1980 gebore as pastoriekind van Ds. Hans & Carien Barnard.

​

Later in sy lewe kry hy die roeping om in sy Pa se voetspore te volg. 

In 2006 voltooi hy sy MDiv graad aan die Universiteit van die Vrystaat met fokus op Jeugbediening. Hy word as leraar binne die NG Kerk in dieselfde jaar gelegitimeer. In 2007 word hy in sy eerste gemeente bevestig en ontmoet sy vrou, Nerine, daar. Hulle is in 2009 getroud en word hulle seun ryker in 2012. 

 

In 2017 word hy beroep na Presidentsoord gemeente en dien tans as leraar. Die Here het Johann geseën met 'n hart van liefde vir mense. Sy passie, as leraar, is om die Woord opreg en met integriteit te verkondig. Hy staan al 'n paar jaar binne die bediening in Presidentsoord gemeente en dit bly vir hom 'n voorreg en seën om mense binne en buite die kerk te bedien. 

Die Liefde en genade van Jesus het Hy aan alle mense openbaar en dis die wonderlike boodskap wat ons aan die wêreld kan verkondig.​​

  • Whatsapp
  • Facebook
  • Youtube
bottom of page