
Pêrels (Vrouediens)

Die Vrouediens vorm ‘n integrale deel van die gemeente. Die missie van die vrouediens is om vrouelidmate te inspireer en te bemagtig om hul roeping en gawes voluit tot eer van God en tot die opbou van die liggaam van Christus uit te leef.
In Matteus 13:45-52 word die koninkryk van God vergelyk met ‘n pêrelhandelaar wat mooi pêrels soek.
Die Pêrels staan vrywilliglik in diens van die kerk en die gemeente en is verantwoordelik vir verskeie fondsinsamelingsprojekte, take en dienslewering.
Niks is vir ons te veel moeite nie en saam in Sy Naam is ons tot alles in staat deur Hom wat ons die nodige leiding en krag gee.
Alles begin by onsself in Christus.
Die Pêrels is ‘n dinamiese groep waar ons mekaar waardeer en respekteer.
Ons is Susters in Christus gefokus om ‘n verskil te maak.
Ons nooi jou hartlik uit om aan te sluit by die Pêrels waar ons swaarkry met lekkerkry klaarkry!!
Riekie Foreman (Voorsitter)
083 308 9780
Volg die skakel om meer uit te vind oor ons projekte.